Use APKPure App
Get Ons Glo old version APK for Android
Reis saam met ons deur die belangrike temas van ons Christelike geloof.
'n Kooltjie in 'n vuur gloei die sterkste as dit naby ander kole is in die vuur. Net so het ons mekaar nodig om ons geloof te verwoord en te versterk. Reis saam met ons deur die belangrike temas van ons Christelike geloof.
Hierdie is 'n dissipelskap-hulpmiddel wat deur kleingroepe, gesinne, kategese-groepe of individue gebruik kan word. 25 kerntemas word in die vorm van 'n Bybelstudie aangebied en die onderwerpe is gegroepeer rondom die 5 bakens van die Gereformeerde tradisie naamlik:
- Genade
- Geloof
- Jesus Christus
- Bybel
- Aan God die eer
Hoe lank neem dit?
- 5 weke program – 25 temas oor die loop van 5 weke (1 baken per week, 5 temas per week), of
- 25 weke program – 25 temas vir 25 weke (een tema per week), of
- Op jou eie spoed (in enige volgorde)
Wie kan dit doen?
- Gemeentes (preek volgens die bakens of temas)
- Kleingroepe of Bybelstudiegroepe
- Tiener-kategesegroepe of jeuggroepe
- Gesinne (oud en jonk kan saam deelneem)
- Individue (soek ‘n mentor of geestelike vriend om mee die temas te bespreek en mee saam te bid.)
Hoe verloop elkeen van die “dink saam” gedeeltes?
Inleiding – 'n bondige opsomming van die onderwerp
Delf Dieper – 'n teoloog se samevatting van die onderwerp met nuttige skakels
Luister – 'n verhaal of teks vanuit die Bybel
Dink – vrae om oor na te dink en te bespreek na aanleiding van die teks en onderwerp
Doen – praktiese voorstelle van hoe die onderwerp geleef kan word
Bid – 'n gebedswenk
Tiener fokus – 'n uitdaging of wenk wat op tieners gemik is
Familie fokus – 'n praktiese voorstel van hoe om in gesinsverband met kinders hierdie tema verder kreatief te ontdek.
Last updated on Jun 18, 2019
Improved navigation menu.
Improved compatibility with newer devices.
اپ لوڈ کردہ
Adeel Qureshi
Android درکار ہے
Android 4.4+
کٹیگری
رپورٹ کریں
Ons Glo
11 by Bybel-Media
Jun 18, 2019